Monthly Archives - May 2016

RooiZone Blog 1/6 – Die Wyse Belegger

“Monkey see, monkey do …” so gaan die spreekwoord. Dit is ook wat ons leer uit die Ash-Eksperiment uit die 70’er jare. Ons doen soos ander doen. Ons wil in wees by die groep. Daarom dat die verbruikerskultuur net sterker word. As my buurman ‘n nuwe Fortuner ry soek ek ook een. Dit is juis hierdie verskynsel wat ons finansieël kan kelder. ‘n Wyse belegger besluit waar hy wil wees oor 5, oor 10 en oor 2o jaar van nou. Dan werk hy om by daardie doelwitte uit te kom … maak nie saak wat sy buurman aanvang nie.